Die omstandighede in ons land is soortgelyk aan dié van antieke Israel. Ten spyte van God se seën, het die mense hul rûe op Hom gekeer. Toe Hiskia, 'n man van integriteit, die troon bestyg het, het hy sy hart daarop gesit om God se regmatige posisie van leierskap in die land te herstel. Hy het vier dinge gedoen:
Sielekos: Deut 18:9-18; Dan 2; Jes 47:5–15; Hand 16:16-34
1 Comment
Jy het baie genade nodig in 'n huwelik. Selfs in die beste verhoudings gebeur daar goed wat misverstande en seerkry veroorsaak. Die sielkundige, Michael Sytsma, het een keer toe hy oor sy huwelik gepraat het, gesê: "Voordat ek getroud is, het God gesê: ‘Mike, daar is 'n paar aspekte aan jou wat nog werk kort. Om jou te help om meer soos Christus te word, gaan ek Karen vir jou gee.' Hy het dus vir Karen in my lewe ingebring om al my tekortkominge te identifiseer. My eerste reaksie toe sy my foute uitwys? ‘Hoe durf jy daardie goed uitwys?' Ek het die geleentheid om óf my gevoelens te ontken, óf om dit te erken en volwasse te word. Karen kan óf woede en haat in haar omdra, óf sy kan genade en vergifnis gee." Hier is die eerste manier waarop jy genade aan jou lewensmaat kan betoon: Probeer om goed uit 'n ander hoek te beskou. Fokus op die positiewe. As jy dink jou lewensmaat is hardkoppig, is dit moeilik om liefdevol te voel teenoor haar. As jy haar egter deur genade as iemand met deursettingsvermoë en volharding sien, raak dit baie makliker om haar lief te hê. As sy ongeorganiseerd is, kan jy deur genade kies om dit te sien as 'n teken dat sy spontaan of kreatief is, of selfs te veel hooi op haar vurk het. "... vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is." (Fil 4:8 NLV). Mense probeer gewoonlik wees soos die beeld wat jy van hulle het!
Sielekos: Jes 26-29; Joh 7:1–13; Ps 114; Spr 28:1–4 Genade by die huis (Deel 2) Hier is nog drie maniere waarop jy jou lewensmaat met genade kan behandel:
Sielekos: Jes 30-33; Joh 7:14–24; Ps 104; Spr 28:5–8 Jon Gordon vertel: "Ek praat met baie organisasies oor die belangrikheid van positiewe leierskap en die voordele van 'n positiewe werkskultuur wat produktiwiteit bevorder. Steeds is die vraag wat ek die meeste teëkom: 'Hoe bly ek positief as my baas nie positief is nie?'" Hy gee die volgende voorstelle: Al is jy nie 'n leier nie, bly daarop gefokus om die beste te wees en om die beste in jou kollegas uit te bring. Vermy negatiwiteit. Jy kan nie beheer wat ander sê en doen nie, maar jy kan wel beheer hoe jy daarop reageer. Dr David Hawkins sê: "Tagtig persent van die populasie vind aanklank by negatiwiteit ... Moet jouself nie daaraan oorgee nie." Jesus sê: "Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie." (Matt. 5:14 NV). Besluit om die lig te wees wat skyn in jou werksplek. Die meeste mense geniet dit nie eers om negatief te wees nie. Dikwels is hulle net so as gevolg van stres, 'n besige skedule of vrees. Sommige kort net 'n bietjie aanmoediging om weg te breek uit die groef. Jy kan 'n instrument van verandering wees, al dink jy dalk nie so nie. Jesus sê: "Julle is die sout vir die aarde." (Matt. 5:13 NV). Sout preserveer kos en gee dit 'n lekker geur. Jou werk as 'n Christen is om die mense om jou te bewaar, te versoen en hoop te gee. Dit sluit die mense in saam met wie jy elke dag werk. Vat God saam werk toe.
Sielekos: Jos 5:1-8:29; Luk 19:11-27; Ps 103:1-12; Spr 22:27-29 As jy jou vertroue in Christus plaas, sal jou siel gered word en jou lewe sal op 'n positiewe manier verander. Baie mense kan hiervan getuig. Abraham Lincoln vertel dat hy opnuut deur God se Gees gebore is die dag toe hy sy bekende toespraak by Gettysburg gelewer het. Martin Luther was uitermate godsdienstig en hy was nie eers bewus van die hergeboorte nie. Dit het egter verander toe hy hierdie woorde ontdek het: "Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe." (Rom. 1:17 NV). Skrywers soos Fyodor Dostoevsky en Leo Tolstoy van Rusland het ook al beskryf hoe God se Gees hul lewens verander het. Chuck Colson, een van President Richard Nixon se persoonlike assistente en skrywer van die blitsverkoper Born again, het vertel van 'n drastiese verandering in sy lewe na sy hergeboorte. Dit getuig daarvan dat jy gered kan word ongeag die saldo van jou bankrekening. Toe die tronkbewaarder van Filippi vir Paulus vra wat hy moet doen om gered te word, het Paulus nie vir hom 'n teologiese skripsie gegee nie. Hy het eenvoudig gesê: "Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin." Jy kan vandag gered word, én jou lewe en getuienis kan jou hele familie vir Christus wen as hulle hul sonde berou (2 Pet. 3:9). Dink net watter verskil dit kan maak! Jy hoef dit nie noodwendig te verstaan nie, maar jy kan dit ervaar deur vandag jou vertroue in Christus te plaas.
Sielekos: Jos 8:30-10:43; Luk 19:28-40; Ps 103:13-22; Spr 23:1-3 Die Bybel praat van vier soorte mense wat gee. Ons gaan oor die volgende paar dae na elkeen kyk.
Beursiemense. In Haggai, die profeet, se dae was die Israeliete so besig om geld te maak dat hulle geen tyd vir God gehad het nie. Klink dit bekend? God het vir hulle gesê: "'Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl My huis in puin lê? ... Julle het baie gesaai, maar min geoes; ... julle is soos 'n dagloner wat sy loon in 'n stukkende beursie steek ... Julle het 'n groot oes verwag, maar min gekry, en wat julle nog huis toe gebring het, het Ek laat verdwyn. Waarom?' Vra die Here die Almagtige. 'Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan julle eie huis te werk.'" (Hag 1:4-9 NV). As jy wil hê God moet vir jou huis sorg, moet jy vir Sy huis sorg. Hoeveel moet jy gee? God sê dat 'n tiende van jou inkomste aan Sy kerk behoort (Lev 27:23 NV). Dit wat jy bo en behalwe jou tiende gee, sal bepaal word deur:
Kruikmense. In die middel van 'n verwoestende hongersnood het God Elia na Sarfat toe gestuur en vir hom gesê dat hy 'n weduwee daar sal ontmoet wat vir hom kos sal gee. Hoekom het God nie vir Elia na 'n ryk familie toe gestuur nie? Omdat hulle nie 'n wonderwerk nodig gehad het nie, maar sy het! Toe Elia vir die vrou vra vir iets om te eet, het sy gesê dat sy net genoeg meel oorgehad het vir nog een maaltyd voordat sy en haar seun sou sterf. Sy was op die punt om in 'n wonderwerk in te stap, maar sy moes eers oor die vrees vir vrygewigheid kom. "Elia sê toe vir haar: 'Moenie bekommerd wees nie... maak eers vir my 'n roosterkoek en bring dit hier... So sê die Here die God van Israel: Die meel in die kruik sal nie opraak nie... totdat die Here laat reën het op die land.' Sy gaan maak toe soos Elia gevra het... Die meel in die kruik het nie opgeraak nie..." (1 Kon. 17:13-16 NV). Sy het elke dag nog meel in die kruik gekry. Sy het ontdek dat God in al jou behoeftes sal voorsien as jy Sy Woord nakom. Is jy bang om dit wat jy het, weg te gee ingeval daar nie genoeg is nie? Moenie wees nie. Jy sal nooit meer kan gee as wat God gee nie! Hy het belowe om dit wat jy vir Hom gee vir jou terug te gee: "Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol..." (Luk. 6:38 NV). Sielekos: Jos 14-15; Luk 20:1-8; Ps 142; Spr 23:7-9 Mandjiemense. 'n Seuntjie het vir Jesus sy middagete gegee en Jesus het vyfduisend mense daarmee gevoer, en twaalf mandjies vol het oorgebly. Mandjiemense vind 'n behoefte wat groter is as hulle eie en sê: "Here, hier is dit wat ek het; vat dit, seën dit en gebruik dit." Die seun staan in kontras teenoor die dissipels. Let op:
Sielekos:Jos 16:1 - 19:23; Lk 20:9-19; Ps 20; Prov 23:10-12 Skuurmense. God het Josef gebruik om die nasies te voed tydens 'n wêreldwye hongersnood. Die Farao se adviseurs kon nie sy droom uitlê nie, maar Josef het. Hy het vir die Farao 'n plan gegee wat nie net vir Egipte van kos voorsien het tydens die hongersnood nie, maar ook vir die wêreld. Dié plan het die Farao ook as 'n ryker man uit die krisis laat stap. As jy God dien, kan Hy vir jou inligting gee oor die toekoms. Hy kan vir jou die wysheid gee om te oorleef én selfs te floreer tydens 'n resessie. Maar jy kan nie oornag so 'n verhouding met God bou nie! Josef se pad na die troon het met baie vertraging, ompaaie en moedeloosheid gepaard gegaan. Sy familie het hom verraai, hy het 'n onregverdige tronkstraf ontvang en vir jare gewonder wanneer God Sy belofte sal nakom om hom 'n leier te maak. Hy het egter nooit in God getwyfel nie, en jy moet ook nie! As God iemand soos Josef die eerste minister van Egipte maak, kan niks en niemand Hom weerhou om Sy belofte aan jou na te kom nie. Ten slotte, as jy 'n beursiemens is, begin om God eerste te plaas in jou finansies. As jy 'n kruikmens is, moenie bang wees nie, want God sal vir jou teruggee. As jy 'n mandjiemens is, plaas dit wat jy het in God se hande en kyk hoe Hy dit vermenigvuldig. As jy 'n skuurmens is met 'n hart wat strewe daarna om in ander mense se behoeftes te voorsien, kan geen aanslag van jou vyande jou stop nie. Sielekos: Heb 11:1-6; Mt 21:18-22; Mt 8:5-13; Mk 6:1-6 Die Bybel sê: "Koning Agab van Samaria het 'n paleis in Jisreël gehad. Langs die paleis was 'n wingerd wat aan Nabot ... behoort het. Op 'n dag sê Agab vir Nabot: 'Aangesien jou wingerd net langs die paleis is, wil ek dit graag van jou koop vir 'n groentetuin. Ek sal vir jou 'n beter wingerd in ruil gee. Anders kan ek jou daarvoor betaal.' Maar Nabot het Agab geantwoord: 'Mag die Here verhoed dat ek die erfgrond van my voorouers vir u gee.'" (1 Kon 21:1-3 NV). Deur sy erfporsie te beskerm, het hierdie man met integriteit sy lewe verloor. Vandag kom die geloof van ons voorvaders oral in gedrang - van die skool tot by die werk. Bybelse waardes wat ons vir jare al lei, word deur die Agabs van hierdie wêreld bevraagteken en ondermyn. Die Bybel het dit voorspel en vir ons gesê om bedag te wees daarop, maar om nie bang te wees nie. Vir die kerk in die eindtyd sê God: "Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie... Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee." (Openb 2:10 NV). Nabot het geweier om sy waardes prys te gee vir iets wat groter en beter lyk. Hy het geweier om sy waardes prys te gee vir dié wat in magtige posisies sit. Hy is 'n voorbeeld vir ons. Staan vierkantig op God se Woord en weier om op te gee. Maak jou kinders in geloof bymekaar en sê: "Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien." (Jos 24:15 NV).
Sielekos: Josh 19:24 - 21:45; Lk 20:20-26; Ps 112; Prov 23:13-15 Die Bybel sê Jesus het 'ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun.' Die ou vertaling (1953) sê: 'Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun.' Die een vertaling sê ons is onder die heerskappy 'gestel,' in die ander word ons 'oorgebring.' Beide vertalings is korrek; elk weerspieël 'n ander faset van die waarheid. Kom ons kyk na elkeen: 1) Oorgebring. As iemand 'n huis koop, word die eienaarskap oorgedra in die koper se naam. 'Julle is gekoop, en die prys is betaal...' (1 Korintiërs 6:20 NV). God besit jou, daarom het Hy die reg om jou na enige plek te stuur of enigiets van jou te vra. 2) Gestel. Ons stel 'n boek se taal in 'n ander taal; die woorde klink anders. Jy leef in die nuwe koninkryk, daarom moet jy die nuwe taal gebruik! Wanneer God se Woord sê jy 'kan' of 'kan nie,' is dit 'n teken aan satan dat hy jou kan beïnvloed. Of erger, jou kan beheer! Die nuwe geboorte vereis 'n nuwe taal. Die Bybel sê die mag van lewe en dood is in jou tong. Om in God se koninkryk te floreer, moet jy spreek wat God se Woord oor elke situasie sê. Dis nie maklik nie, en mens leer dit nie oornag nie. Maar as jy jouself daagliks in die Skrif inleef, gaan jy die punt bereik waar jy God se Woord onmiddellik sal aanhaal. Wanneer dit gebeur, sal jou lewensuitkyk ten goede verander.
Sielskos: Jos 11-13; Luk 22:54-62; Ps 19; Spr 21:3 Tom was baie depressief na sy vrou Elle se dood. Hy het lank sy hart uitgestort. Katarsis is natuurlik goed; dit dui aan wat jy nog moet hanteer. Maar praat opsigself verander niks. Daarom het sy berader gevra: 'As die situasie omgekeerd was en jy het eerste te sterwe gekom, wat sou verwag het moes Elle doen?' Hy het dadelik geantwoord: 'Aangaan en die lewe geniet.' Die oomblik toe hy dit verbaliseer, het 'n lig in hom opgegaan: 'Ek het te lank vir myself jammer gevoel. Ons albei kon dit nie verdra as mense dit doen nie. Ek gaan leef, 'n doel vind en terugkeer kerk toe.' Toe Tom en sy berader daarna weer gesels, was hy besig om sy lewe te herbou. Die pyn was steeds daar, maar hy het bo dit uitgestyg deur aksie te neem. Sigmund Freud het gereken psigoanalise kan die onderbewussyn van pynlike herinneringe bevry. Maar sy veronderstelling was verkeerd, want goeie en slegte herinneringe bly deel van jou. Sy teorie kan verder daartoe lei dat jy aanvaar dat jou probleme deur 'n blote gesprek onderdruk kan word sonder om iets daaraan doen. Sommige mense oorwin hul hartseer vinniger as andere; terwyl andere dit ongelukkig nooit oorwin nie. Jy hoef nie een van hulle te wees nie! God het gesê: 'Ek sal hulle droefheid in vreugde verander'. God kan jou verlede herskik en nuwe betekenis gee. Hy kan jou help om met dankbaarheid terug te kyk, en dan vorentoe te beur met selfvertroue. Hoe? Deur pynlike herinneringe in kragbronne van wysheid te verander. Vra Hom net; Hy sal jou wys hoe!
Sielskos: Num 29:1-6; Matt 24; Open 11:15-19; 1 Kor 15:50-58 Soms as ons wel bereik waarna ons gestreef het, voel ons nie juis vervul nie. Ons kyk terug en besef die grootste vreugde was nie in die doel wat bereik is nie, maar in die groei wat ons op die pad beleef het. Die wetenskaplike Koichi Tanaka beskryf hierdie verskynsel en hoe dit tydens die genotvolle navolging van die droom plaasvind. Terwyl hy 'n ioon met lasers wou skep, vertel hy: 'Vir weke en maande het ek misluk om 'n ioon maak. Waarom het ek bly eksperimenteer? Want ek het dit geniet. Dit was pret om iets te leer wat ek voorheen nie geken het nie, en daardie pret het my aangespoor.' Daardie deursettingsvermoë het hom die Nobelprys in Chemie laat wen. Jy het die potensiaal om wonderlike ontdekkings te maak, en selfs groter potensiaal as jy iets oor God en jouself ontdek. 'n Leierskapskenner skryf: 'Die navolging van my droom het my uit my gemaksone geneem, my denke verhoog, my selfvertroue gegee en my sin vir doelwitstelling bevestig. My navolging van die droom en my persoonlike groei het so vervleg geraak dat ek myself moes afvra: "Het ek die droom gemaak, of het die droom my gemaak?"' As jou brein 'n nuwe idee aanvaar of 'n nuwe waarheid aanleer, verander dit vir altyd. As dit eers gerek is, is dit nuutgevorm en kry dit nooit weer sy oorspronklike vorm terug nie. Wanneer dit gebeur, ervaar jy ware vervulling. G'n wonder nie kinderboekskryfster Elizabeth Coatsworth het gesê: 'Wanneer ek droom, is ek tydloos.'
Sielskos: Jos 5:1-8:29; Luk 22:24-38; Ps 78:65-72; Spr 20:26-30 Ons hoor deesdae min oor heiligheid. Wat beteken dit om 'heilig' te wees? Laat ons eers probeer om te verstaan wat dit nie beteken nie: 1) Dit isoleer jou nie van die wêreld nie, dit beskerm jou teen sy negatiewe invloede. 2) Dis nie 'n telkaart om te bepaal wie naby God is en wie nie. Dis om in jou hart jou tekortkominge te ken en te bid: 'Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God' (Psalm 42:2 NV). Heilig beteken om spesiaal afgesonder te wees, soos in die heilige Nagmaal waar brood en wyn anders as in daaglikse gebruik tot eer van Christus se dood gebruik word. Of die huwelik, wanneer 'n paartjie belowe om getrou aan mekaar te bly. Chuck Swindoll skryf: 'Toe ek as 'n jong getroude seesoldaat agtduisend kilometer ver diens gedoen het, het ek geweet Cynthia bestaan. Ek kon haar briewe lees en somtyds haar stem oor die foon hoor, maar ek kon haar nie sien of aanraak nie. Daar was slegs die herinnering dat ons drie jaar tevore voor God en die predikant, wat ons getroud verklaar het, ons lewenslank eksklusief vir mekaar afgesonder het. Ons is in Junie 1955 getroud. Ondanks hoe lank gelede dit was, het ons by mekaar gestaan en toegewyd gebly aan die heilige ineenskakeling van ons lewens. Om met 'n ander vrou intiem te verkeer, sou die heilige verbintenis verbreek. Die gedagte het my getrou aan haar gehou hoewel ons maande van mekaar verwyder was, en dit help steeds een-en-veertig jaar later!'
Sielskos: 2 Kron 32-34; Luk 21:12-24; Ps 78:17-31; Spr 20:15-19 |
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|